
Tuisblad van die ZAB Volkshuis

Welkom by die
Zuid-Afrikaansche Boervolk
van die
Zuid-Afrikaansche Boer Republieke
“’n Volk sonder soewereiniteit is ’n volk sonder toekoms.”
Sedert die ondertekening van die Verdrag van Vereeniging in 1902, is die Boervolk stelselmatig vervreem van haar regmatige status as soewereine volk. Oor meer as ’n eeu het politieke magstrukture, partypolitiek en buite-agterliggende agendas daartoe bygedra dat die Boervolk van haar identiteit, grondgebied, kultuur en selfbeskikkingsreg ontneem.
Maar ’n nuwe bewuswording het ontstaan. Die Boer en Boerin besef nou dat hul self aan hul toekoms moet werk.
'n Proses wat reeds in 2021 begin is word nou tot sy vollereg gebring. Deur die HARTKLOP Aksie – ’n beweging vanuit Boergeledere self – begin ons die pad van herstel en selfbestuur. As Zuid-Afrikaansche Boervolk, tree ons nou verenig op om die sake van die historiese 21+ Boererepublieke te administreer – onder een vlag en een embleem van die ZUid-Afrikaansche Boer Republieke, met die doel om die Boervolk se belange eerste te stel.
Hier vind u:
- Inligting oor die Zuid-Afrikaansche Boervolk en Boer Republieke.
- Inligting oor die Herstel van Status – hoe u u individuele status as Boer kan bevestig en herstel om sodoende u plek in die Boervolk se Volkshuis op te neem.
- Riglyne vir die pad vorentoe as ’n volk in volkereverband.
- Geskiedenis, geregtilike beginsels, en internasionale regsraamwerke wat selfbeskikking ondersteun.
- Die Stemlokaal waar die Boervolk haar stem kan uitbring.
- Kontakbesonderhede vir administrasie en deelname by die Zuid-Afrikaansche Boervolk.
Die tyd het aangebreek vir daadwerklike selfbeskikking van die ZAB.
Word deel van die hartklop van die Boervolk. Neem u plek in – nie net as individu nie, maar as deel van ’n lewende, soewereine volk; Die Zuid-Afrikaansche Boervolk.
"Kom ons wees 'n volk vir ons Almagtige Hemelse Vader,soos wat ons aan Hom beloof het."